Die Lions se Hyron Andrews is skielik in Frankryk dood

Die Suid-Afrikaanse rugbyspeler Hyron Andrews van die Lions is Vrydag dood in ’n hotel in Frankryk aangetref.
Die 31-jarige slot was saam met sy span op toer, op die vooraand van hul Champions Cup-wedstryd teen La Rochelle.
RTL Today berig volgens ’n bron na aan die ondersoek is Andrews in die stort aangetref, wat van binne gesluit was, nadat hy glo 'n hartstilstand gehad het. Die oorsaak van sy dood word ondersoek, en ’n lykskouing sal gedoen word.
Andrews het voorheen vir die Sharks en die Engelse Sale Sharks gespeel en Suid-Afrika op o.20-vlak verteenwoordig.
Die Lions het bevestig dat Saterdag se wedstryd soos beplan sal voortgaan, ter ere van Andrews. ’n Oomblik van stilte sal ook voor die naweek se Europese klubrugbywedstryde gehou word.









Comments