top of page

Die Loterykommissie se oudit is uiteindelik skoon

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 8
  • 1 min read

Die Nasionale Loterykommissie (NLC) het ná jare van skandale en wanbestuur ’n ongekwalifiseerde ouditmening van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika ontvang.


Maroela Media berig die voorsitter, Barney Pityana, sê dié mylpaal is ’n duidelike teken dat die kommissie sy koers reggestel het.


Hy sê alle bestuurskomitees, insluitend dié vir oudit en risiko, regsaangeleenthede, menslike hulpbronne en etiek, is nou ten volle funksioneel en speel ’n sleutelrol in toesig en aanspreeklikheid.


As deel van sy institusionele vernuwing het die kommissie ook ’n aanlyn toekenningbestuurstelsel bekend gestel wat direk koppel aan verskeie staatsdatabasisse.


Volgens Pityana verseker hierdie stelsel dat elke organisasie wat befondsing ontvang, deeglik geverifieer en voortdurend gemonitor word.


Hy sê hulle kan nou met selfvertroue sê dat geld bestem vir gemeenskappe wel by hulle uitkom.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page