top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Lourierpark-gemeenskap help om twee mans vas te trek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16
1 min read

Twee mans is in Lourierpark deur inwoners vasgetrek nadat hulle glo voertuigonderdele van ’n minibus probeer verwyder het.


Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het bure alarm gemaak toe hulle drie onbekende mans op ’n privaat perseel in Lemoenhoutstraat opgemerk het.


Die mans was glo besig om onderdele van die minibus te verwyder.


Gemeenskapslede het die verdagtes agternagesit en daarin geslaag om twee van hulle vas te trek en aan die polisie te oorhandig. Die derde verdagte het weggekom.


Die minibus was op ’n domkrag gelig en een wiel was reeds verwyder. Die band en velling het langsaan gelê.


’n Saak van diefstal is by die Parkweg-polisiestasie geopen.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page