Die ma van 'n seuntjie wat hom mandrax laat rook, is in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 31, 2025
- 1 min read
'n Ma van 'n vierjarige seuntjie en twee ander persone is in Newclare in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklagte van kindermishandeling nadat 'n video die ronde gedoen het wat toon hoe die ma die seuntjie aanmoedig om die dwelm mandrax te rook.
Volgens SABC News het Action Society, 'n organisasie wat hom beywer vir die regte en beskerming van kinders, kommer oor die video uitgespreek.
'n Woordvoerder vir Action Society, Juanita du Preez, sê hierdie insident is wel op video vasgelê, maar dikwels word kinders op 'n baie jong ouderdom aan goed blootgestel wat 'n traumatiese impak het.
Sy voeg by die seuntjie is na 'n plek van veiligheid geneem en sal berading en beskerming nodig hê.






Comments