Die Maatskaplike Noodtoelaag word hersien
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 20
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die Maatskaplike Noodtoelaag (SRD) hersien gaan word en in ’n werksoekertoelaag omskep sal word.
Volgens Eyewitness News het hy die aankondiging gemaak tydens die News24 On the Record-beraad, waar hy gesê het die nuwe benadering sal werksoekers beter ondersteun.
Volgens Ramaphosa is dit belangrik om die land se maatskaplike beskermingstelsel te versterk sodat alle werklose Suid-Afrikaners basiese ondersteuning kan ontvang.
Hy sê die herontwerpte toelaag sal nie net finansiële hulp bied nie, maar ook toegang tot ondersteuning om werk te soek en ’n volhoubare inkomste te bou.
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling is tans in gesprek met die Nasionale Tesourie oor hoe die nuwe toelaag befonds en geïmplementeer sal word.
Intussen bly die huidige SRD-toelaag van R370 in plek en is dit tot Maart 2027 verleng.








Comments