top of page

Die maatskaplike verligtingstoelae sal vir nog 'n jaar voortduur

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 18
  • 1 min read

Die maatskaplike noodverligtingstoelae sal in Suid-Afrika voortduur tot Maart 2027, met betalings wat op R370 per maand bly.


Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het dié verlenging bevestig.


Die toelae is oorspronklik tydens die COVID-19-pandemie ingestel en ondersteun nou meer as agt miljoen mense.


Die regering beplan om die program te herontwerp as ’n nuwe vorm van ondersteuning wat vaardigheidsontwikkeling en werksgeleenthede insluit.


Ter illustrasie. FOTO: Newsday
Ter illustrasie. FOTO: Newsday

 
 
 

Comments


bottom of page