DIe Madlanga-kommissie en die parlementêre komitee teen polisiekorrupsie val vas
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 13
- 1 min read
Die Madlanga-kommissie van ondersoek het vroeër vandag verdaag nadat hulle ‘n aansoek van die mediamaatskappye Daily Maverick en News24 ontvang het om ‘n bevel wat ‘n verhoor in camera toestaan, teen te staan.
Bewysleiers het aansoek gedoen dat die volgende getuie in ‘n geslote sitting getuig weens die sensitiwiteit van hul getuienis. Intussen het die getuienisproses van die parlementêre komitee wat polisiekorrupsie ondersoek ook nie vanoggend voortgegaan nie.
Die adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is vir eers verskoon sodat die komitee interne kwessies oor moontlike konflik van belange uit te stryk. Dit nadat twee van die komiteelede, die MK-party se David Skosana en die DA se Lisa Schickerling, vroeër vanjaar strafregtelike klagte teen die polisieminister, Senzo Mchunu, geopen het.
Die DA het Schickerling van die komitee onttrek, terwyl die MK-party volhou dat Skosana nie die klagte in sy persoonlike hoedanigheid gelê het nie, maar in opdrag van sy party.






Comments