top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Madlanga-kommissie kry meer tyd

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 9
  • 1 min read

Die Madlanga-kommissie van ondersoek na bewerings van kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel het langer tyd gekry om sy werk af te handel.


President Cyril Ramaphosa het die sperdatum vir die indiening van die kommissie se finale verslag van 31 Augustus na 16 November verleng.


Volgens Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, moet alle getuienis steeds teen 2 Oktober afgehandel wees.


Hy sê die verlenging sal die kommissie die geleentheid gee om alle uitstaande getuienis aan te hoor en sy ondersoek te voltooi.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page