Die Madlanga-kommissie neem ‘n breuk
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die Madlanga-kommissie van ondersoek sal van Donderdag tot 11 September in ‘n reses gaan. Openbare verhore sal na verwagting op 14 September hervat word.
Die kommissie se finale verslag aan president Cyril Ramaphosa word nou teen 16 November verwag, nadat die sperdatum van einde Augustus verleng is.
Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê die reses sal twee kommissarisse toelaat om vorige verbintenisse na te kom. Die kommissie se ondersteuningspan sal gedurende die pouse aanhou werk.
Twee tussentydse verslae is reeds aan die president voorgelê.







Comments