Die Madlanga-kommissie neem regstappe nadat ‘n getuie se identiteit uitlek
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 minutes ago
- 1 min read
Die Madlanga-kommissie sal strafregtelike verrigtinge instel nadat die identiteit van ‘n getuie wat anoniem getuig het, na bewering doelbewus bekend gemaak is. Die kommissaris, Mbuyiseli Madlanga, sê dit lyk asof die bekendmaking opsetlik was.
Hy sê die beweerde daad is ‘n kriminele oortreding ingevolge die Kommissiewet en die kommissie se regulasies omdat dit die werk van die kommissie benadeel.
Madlanga sê die kommissie neem die saak baie ernstig op en het geen ander keuse as om op te tree nie.
LUISTER HIER:
260727nMbuyiseliMadlanga_leak








Comments