top of page

Die malaria-ondersoek in die Vrystaat duur voort

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 9
  • 1 min read

Die ondersoek na malaria-gevalle in die Vrystaat duur voort.


Netwerk24 berig die Vrystaatse gesondheidsdepartement het weer die Grobbelaar-plaas sowel ‘n buurplaas besoek, en niemand wat op die plaas werk toon enige simptome van malaria nie.


Die ondersoek volg na die voormalige Vrystaatse Jongboer van die Jaar, Albé Grobbelaar, aan malaria oorlede is.


Albé se vrou is steeds in Mediclinic Bloemfontein, maar sy seun is reeds ontslaan en terug in Potchefstroom waar hy vir eksamens voorberei.


Intussen sê die gesondheidsdepartement se woordvoerder, Mondli Mvambi, mense sal in kennis gestel word sodra daar nuwe bevindings is.


Kenners beklemtoon dat malaria nie van persoon tot persoon oorgedra kan word nie, en dat dié waarskynlik ‘n geïsoleerde voorval is.


Die Grobbelaar gesin. FOTO: Netwerk24
Die Grobbelaar gesin. FOTO: Netwerk24


Comments


bottom of page