Die man wat by 'n Coldplay-konsert saam met 'n vrou betrap is, het bedank
- Armando Pieters

- Jul 21
- 1 min read
Die uitvoerende hoof van ʼn Amerikaanse tegnologiemaatskappy wat onlangs by ʼn Coldplay-konsert in ʼn liefdevolle omhelsing met ʼn vrou afgeneem is, het uit sy pos bedank.
Die maatskappy, Astronomer, het bevestig Andy Byron het sy bedanking ingedien nadat 'n ondersoek van stapel gestuur is.
Volgens Maroela Media het die maatskappy gesê hoewel die openbare bewustheid oor die maatskappy oornag verander het, het die produk en die werk vir kliënte nie verander nie.
Byron is saam met Astronomer se hoof van menslike hulpbronne, Kristin Cabot, tydens Coldplay se konsert op ʼn soenkamera afgeneem. Hulle was in mekaar se arms, maar het verskrik gelyk en weggedraai toe die kamera op hulle gerig was.
Coldplay se hoofsanger, Chris Martin, het daarop kommentaar gelewer, waarna sleutelbordspeurders die paartjie binne enkele ure geïdentifiseer het.





Comments