top of page

Die man wat Trump wou skiet, sit lewenslank

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die man wat in September 2024 beplan het om Amerikaanse president Donald Trump te vermoor, is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.


Die BBC berig Ryan Routh was die tweede persoon wat probeer het om Trump voor die verkiesing te vermoor. 'n Agent van die Amerikaanse geheime diens het 'n geweerloop in 'n nabye bos by die Trump International Golf Club in West Palm Beach gewaar, en hom in hegtenis geneem.


Nadat Routh deur 'n jurie skuldig bevind is, het hy in die hof homself met 'n pen in die nek probeer steek voordat hy uit die hof geneem is.


FOTO: BBC
FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page