Die Mangaung-gevangenis is nou onder staatsbestuur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 1
- 1 min read
Die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein word van Woensdag af amptelik deur die staat bestuur nadat die openbare-private vennootskap ná 25 jaar tot 'n einde gekom het.
Volgens die Departement van Korrektiewe Dienste vorm die voormalige Mangaung-korrektiewe sentrum nou deel van die Grootvlei-bestuursgebied.
Die departement sê die oorgang volg op meer as twee jaar se beplanning en voorbereiding om te verseker dat die fasiliteit doeltreffend bestuur kan word.
Beamptes is vooraf ontplooi om bedrywighede oor te neem, personeel is gewerf en alle operasionele vereistes is afgehandel.
Van Woensdag af dra sowel personeel as oortreders ook die standaarduniforms van die Departement van Korrektiewe Dienste.








Comments