Die Mangaung-metro bied binnekort sy eerste Run Your City 10K aan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 30
- 1 min read
Die ABSA Run Your City 10K-reeks kom binnekort na Mangaung.
Volgens inligting wat deur die Mangaung Metro Munisipaliteit gedeel is, sluit die metro nou amptelik by een van Suid-Afrika se voorste padwedloopreekse aan.
Die metro se burgemeester, Gregory Nthatisi, sê die geleentheid sal help om die stad se groeiende reputasie as 'n bestemming vir sport en groot byeenkomste verder te versterk.
Volgens die Vrystaatse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Toto Makume, bied die wedloop ook 'n geleentheid om die Vrystaat as 'n bestemming te bemark.
Die ABSA Run Your City Mangaung 10K vind op 25 Oktober plaas en inskrywings open op 1 Augustus.








Comments