top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro se nuwe vullistariewe wek kommer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging, Sapoa, waarsku dat die Mangaung-metro se voorgestelde nuwe vullisverwyderingstariewe moontlik onwettig kan wees.


Volgens Maroela Media wil die metro die tariewe vir sake- en kommersiële eiendomme aan die waarde van eiendomme koppel, eerder as ’n vaste maandelikse heffing gebruik.


Sapoa sê soortgelyke tariewe in Kaapstad is onlangs deur die hof tersyde gestel.


Die organisasie voer ook aan dat baie eiendomseienaars reeds hul eie vullisverwydering moet reël omdat die metro se diens nie betroubaar is nie.


AfriForum sê onopgehaalde vullis is steeds ’n algemene probleem in Bloemfontein en omliggende gebiede.


Intussen het die DA aangedui dat hulle die voorgestelde tariefstruktuur sal teenstaan.


Sapoa waarsku dat hy regsaksie kan oorweeg indien die tariewe in die finale begroting goedgekeur word.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page