top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro stel ’n nuwe stelsel vir behoeftige huishoudings bekend

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
2 hours ago
1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit stel volgende week ’n nuwe elektroniese stelsel vir die bestuur van dienste aan behoeftige huishoudings bekend.


Volgens ’n kennisgewing van die munisipaliteit is die stelsel daarop gemik om die bestuur van die munisipaliteit se register van behoeftige huishoudings doeltreffender te maak.


Die stelsel sal help om huishoudings wat vir ondersteuning kwalifiseer, korrek te identifiseer en te verseker dat voordele aan begunstigdes toegeken word wat aan die vereistes voldoen.


Die nuwe stelsel word Woensdagoggend by die Kgasisonong-saal in Rocklands bekendgestel.


Ter illustrasie. FOTO: News24
Ter illustrasie. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page