top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro versterk bande met Rusland

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, het die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, Roman Ambarov, en sy afvaardiging in Bloemfontein ontvang as deel van die metro se pogings om internasionale vennootskappe te versterk.


Volgens Ntatisi ondersoek die metro geleenthede vir beleggings, ekonomiese groei en werkskepping.


Hy meen Rusland se kundigheid in swaar nywerhede kan moontlike samewerkingsgeleenthede vir Mangaung bied.


Die ambassadeur het Rusland se bereidwilligheid uitgespreek om kennis en kundigheid met die metro te deel.


Volgens ‘n plasing op sosiale media het hy ook voorgestel dat 'n susterstad-ooreenkoms tussen die Mangaung-metro en 'n Russiese stad ondersoek word.


Volgens die metro vorm die gesprek deel van 'n breër strategie om beleggings te lok en plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder.



 
 
 

Comments


bottom of page