top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro vra dat rommelstrooiing moet stop

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 13
  • 1 min read

Die Mangaung-metro vra dat inwoners moet ophou rommel strooi en hul afval op ’n verantwoordelike manier weggooi.


Die munisipaliteit waarsku dat onwettige storting en rommelstrooiing ongesonde lewensomstandighede skep, dreineringstelsels blokkeer en die omgewing besoedel.


Mense word aangemoedig om gebruik te maak van die “skip”-houers wat regoor die metro geplaas is vir die wegdoening van afval.


Volgens die munisipaliteit is ’n skoon stad almal se verantwoordelikheid en moedig inwoners aan om ook ander aan te spoor om dieselfde te doen.


Rosestad-nuus het vroeër berig ses “skip”-houers is in geïdentifiseerde hoëbehoefte-gebiede geplaas om as gesentraliseerde versamelpunte vir grootskaalse afval te dien.


Hierdie ingryping vorm deel van die munisipaliteit se breër strategie om ’n skoner, gesonder en meer volhoubare stedelike omgewing vir alle inwoners te bevorder.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page