top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro wil openbare vertroue herstel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 8
  • 1 min read

Die herstel van openbare vertroue, beter aanspreeklikheid en vinniger dienslewering bly volgens die Mangaung-metro van hul belangrikste prioriteite.


Volgens inligting wat in die sogenaamde dagboek van die stadsbestuurder op sosiale media gedeel is, sê stadsbestuurder Sello More die munisipaliteit is besig om programme te implementeer wat dienslewering en die lewensgehalte van mense in Mangaung moet verbeter.


More sê die metro werk ook daaraan om sy institusionele kapasiteit te versterk, bedryfsdoeltreffendheid te verbeter en bestaande uitdagings met dienslewering aan te spreek.


Hy sê die doel is om te verseker dat mense toegang tot betroubare en voldoende munisipale dienste het.


Sello More. FOTO: Facebook
Sello More. FOTO: Facebook

 

 
 
 

Comments


bottom of page