top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro wil uitdagings met beter beplanning aanpak

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 6
  • 1 min read

Volgens die Mangaung-metro se stadsbestuurder, Sello More, kan die metro se uitdagings net deur samewerking, gedissiplineerde beplanning en doeltreffende uitvoering oorkom word.


Hy voeg by in ‘n plasing op sosiale media dat ná verskeie uitdagings en wanbelynings wat die metro geraak het, moet praktiese oplossings gevind word om dienslewering te verbeter en te verseker dat alle planne by die beskikbare begroting inpas.


Hy het tydens die metro se strategiese beplanningsessie amptenare aangemoedig om uit hul onderskeie direktorate se ervaring voorstelle te maak wat dienslewering sal verbeter.


Dié proses vorm volgens More, deel van die metro se voortgesette poging om beplanning te versterk, uitvoering te verbeter en ontwikkelingsprogramme doeltreffend toe te pas.


Sello More. FOTO: Facebook
Sello More. FOTO: Facebook

 

 
 
 

Comments


bottom of page