Die media vra om verskoning vir sy uitlatings oor Solidariteit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
News24 moes vir die soveelste keer vanjaar om verskoning vra, nadat een van sy susterpublikasies valslik berig het dat Solidariteit bewerings oor ʼn wit volksmoord in Suid-Afrika aan president Donald Trump propageer.
Maroela Media berig die joernalis Fred Khumalo het in 'n meningstuk oor Solidariteit se omstrede rassebanier in City Press gesê Solidariteit buig feite om sy ideologiese agenda te pas. News24 het gevolglik Vrydag ʼn inskrywing op sy webwerf geplaas waarin City Press aan “AfriForum” – en nie Solidariteit nie – om verskoning vra en erken dat AfriForum nooit sulke uitlatings gemaak het nie.
News24 en NewzroomAfrica het onderskeidelik in Februarie en April uit hul eie om verskoning gevra, nadat hulle verkeerdelik berig het dat AfriForum by Trump en die Verendigde Nasies gaan kla het oor wit volksmoord in Suid-Afrika.






Comments