top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die media word geprys vir sy rol in SA se geskiedenis

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29
1 min read

Die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, Solly Malatsi, het die media geprys vir die kritieke rol wat dit deur die loop van Suid-Afrika se geskiedenis gespeel het.


Volgens Malatsi het die media gehelp om gruweldade en korrupsie uit die apartheidsera aan die lig te bring, terwyl dit ook diegene in magsposisies tot verantwoording geroep het.


Hy voeg by dat die media landsburgers ingelig hou sodat hulle besluite oor hul lewens kan neem.


Malatsi sê die media speel ook ’n sleutelrol in die stryd teen disinformasie en waninligting.


Die minister voeg by dit is veral belangrik in die digitale era, waarin vals nuus en skadelike inhoud demokrasieë bedreig.


Solly Malatsi. FOTO: Cape Town Press Club
Solly Malatsi. FOTO: Cape Town Press Club

 
 
 

Comments


bottom of page