Die meerderheid van Gr. 4-leerders kan nie met begrip lees nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
'n Totaal van agt uit elke tien Graad 4-leerders kan nie in enige van die land se 11 amptelike tale met begrip lees nie. Dit is volgens die jongste Progress in International Reading Literacy Study.
Nova News berig die studie plaas Suid-Afrika laaste onder die 57 lande en streke wat beoordeel is.
Die World Literacy Foundation sê volgens UNESCO se model vir die koste van ongeletterdheid verloor Suid-Afrika jaarliks ongeveer R83,82 miljard weens laer produktiwiteit, verlore verdienste en verminderde arbeidsdeelname wat met ongeletterdheid verband hou.
President Cyril Ramaphosa het in 2019 'n nasionale teiken gestel dat elke tienjarige teen 2030 met begrip moet kan lees. Met nog vier jaar oor tot dié sperdatum beweeg die land egter in die teenoorgestelde rigting.
Die uitvoerende hoof en stigter van die World Literacy Foundation, Andrew Kay, sê egter Suid-Afrika beskik oor die kundigheid om die situasie om te keer.







Comments