top of page

Die meeste huishoudings neem finansiële besluite op grond van hul eie kennis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 9, 2025
  • 1 min read

‘n Onlangse verslag het aan die lig gebring dat die meeste huishoudings finansiële besluite neem op grond van hul eie kennis.


Volgens Momentum se 2025 Finansiële Adviesnavorsingsverslag neem 77% van huishoudings finansiële besluite op grond van hul eie kennis, terwyl 12% finansiële advies van familie of vriende kry.


Ongeveer 1,8 miljoen uit 20 miljoen huishoudings maak gebruik van professionele finansiële adviseurs, terwyl die meeste huishoudings nie genoeg besteebare inkomste het om ‘n finansiële adviseur te kry nie.


Die maatskappy het die resultate toegeskryf aan een van die redes waarom die meeste mense nie hul finansiële doelwitte bereik nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page