Die Melrose-kunsgalerysprei sy vlerke na San Francisco
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 21
- 1 min read
'n Suster-kunsgalery van die Melrose-galery in Johannesburg gaan by die Minnesota Street Project in San Francisco in Amerika open. Dit sal San Francisco se eerste Pan-Afrika- kontemporêre kunsgalery wees.
Good Things Guy berig die openingsuitstalling is getiteld Afropop, en sluit in kunstenaars van verskillende generasies, soos Esther Mahlangu, Ayanda Mabulu, Willie Bester en Clint Strydom.
Eerder as om Afrika-kuns as een styl uit te beeld, toon die uitstalling hoe uiteenlopend dit werklik is. Die werke sluit in skilderkuns, beeldhouwerk en gemengde media, en weerspieël verskillende geskiedenisse en perspektiewe.







Comments