top of page

Die Menseregtekommissie vra dat die regering aandag skenk aan skole

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 12
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die Departement van Basiese Onderwys gevra om dringend die sistemiese probleme in openbare skole aan te spreek.


Die kommissie het Woensdag sy Toestand van Skole-verslag bekendgestel.


Die kommissie sê dat ’n opname van 150 skole in al nege provinsies ernstige gebreke in infrastruktuur, swak sanitasie en ongelyke toegang tot kwaliteit onderwys blootgelê het.


Kommissaris Tshepo Madlingozi sê die verslag is ’n oproep tot aksie en nie iets wat op rakke moet stof vergaar nie.


Die kommissie wil hê die regering moet die bevindings gebruik om leeromgewings landwyd te verbeter.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page