top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Metro erken uitdagings

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 17
  • 1 min read

Updated: Feb 18

Burgerlike organisasies in die Mangaung Metro Munisipaliteit sê politieke inmenging, nepotisme en ’n gebrek aan deursigtigheid vererger die diensleweringskrisis in Bloemfontein.


Die metro hou egter vol dienslewering bly ’n kernprioriteit, hoewel daar “fundamentele uitdagings” is.


SABC News berig die Mangaung Concerned Community en die Mangaung Service Delivery Forum beweer inwoners ly onder slaggate, rioolstortings, vullis wat ophoop en ’n agterstand in emmerstelsels.


Hulle voer aan dat aanstellingsprosesse nie behoorlik gevolg word nie en dat korrupsie dienslewering kniehalter.


Lid van die Burgemeesterskomitee vir Infrastruktuur, Vusi Soqaga, sê die stad fokus eers op die stabilisering van water- en rioolstelsels voordat grootskaalse padherstelwerk aangepak word.


Volgens hom word slaggate reeds herstel en werk die private sektor saam om infrastruktuur te verbeter.


Ter illustrasie. FOTO: The Sowetan
Ter illustrasie. FOTO: The Sowetan

Comments


bottom of page