'Die metro het die Lourierpark-ontwikkeling nie verantwoordelik bestuur nie'

Jun 10
1 min read
Die VF Plus in die Vrystaat het die Mangaung Metro daarvan beskuldig dat hulle nie die behuisingsontwikkeling tussen Lourierpark en Bloemdal verantwoordelik bestuur het nie.
Die party sê mense het na die gebied gestroom na ‘n onlangse hofuitspraak wat die ontwikkeling toegelaat het om voort te gaan, wat gelei het tot wat hulle beskryf as wanordelike besettings.
Die VF Plus sê die metro deel erwe uit sonder om eers te verseker dat die vereiste infrastruktuur en wetlike voorwaardes in plek is.
Die party doen ‘n beroep op eiendomsbelastingverligting vir geaffekteerde inwoners en spoor gemeenskappe aan om plaaslike veiligheidsstrukture te versterk te midde van kommer oor toenemende misdaad in die gebied.









Comments