Die Metro ondervind steeds bestuursuitdagings
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 13, 2025
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê hulle ondervind steeds voortdurende uitdagings met bestuur en die lewering van basiese dienste, maar beklemtoon dat pogings aktief aan die gang is om hierdie kwessies aan te pak. The Citizen berig munispale amptenare het vroeër die week voor die parlement se Staande Komitee oor Begrotings verskyn om LP's in te lig oor die stad se vordering. Die Metro is in 2020, weens hul herhaalde mislukte pogings om ‘n finansiele herstelplan te implementeer, onder administrasie geplaas. Burgemeester, Gregory Nthatisi, het aan die komitee gesê dat politieke onstabiliteit en interne konflik binne die munisipaliteit die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake asook die kabinet aangespoor het om in te gryp. Ontplooide taakspanne is egter deur dieselfde politieke onstuimighede belemmer wat hulle veronderstel was om op te los.






Comments