top of page

Die metro se gesloer beroof die stad

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 26, 2025
  • 1 min read

Die Mangaung Metro Munispaliteit se gesloer om ’n ooreenkoms met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) vir die gebruik van die Toyota-stadion te finaliseer, kos Bloemfontein miljoene, én beroof die stad van die geleentheid om weer toetswedstryde aan te bied.


Bloemnuus berig volgens VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, Armand Cloete, moes die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, Dinsdag aan die Vrystaatse wetgewer verslag doen oor die vordering met die ooreenkoms.


Geen terugvoer is gegee nie.


Die Toyota-stadion is vroeër vanjaar na ’n C-klas-stadion afgegradeer en word gevolglik nie meer vir toetswedstryde oorweeg nie.


Internasionale toetsrugby is ’n groot ekonomiese inspuiting vir Bloemfontein, en die verlies daarvan is ’n ernstige terugslag vir die stad.


Ter illustrasie. FOTO: Bloemnuus
Ter illustrasie. FOTO: Bloemnuus


Comments


bottom of page