Die metro se polisie fnuik ‘n rooftog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 2, 2025
- 1 min read
‘n Misdaadbestrydingstaakspan van die Manguang Metro Munisipaliteit het gewapende rowers gefnuik.
Dit etlike weke na juwelierswinkels by twee verskillende winkelsentrums beroof is.
Inligting is ontvang dat bonusse op spesifieke datums aan werknemers betaal sal word en ‘n groep rowers het om die geteikende besighede begin sirkel.
‘n Rooi Fiat Punto is as die verdagtes se voertuig geïdentifiseer, en is op pad na die nywerheidsgebied in Botshabelo afgetrek.
Die vyf verdagtes en die motorvoertuig is deursoek.
Tydens die ondersoek is daar op drie nege-millimeter pistole met afgevylde reeksnommers, twee slagtersmesse asook balaklawas en chirurgiese maskers beslag gelê.
Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, is die verdagtes onmiddellik in hegtenis geneem.







Comments