top of page

Die Metro se verkeersbestuurder hang sy uniform op

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 3, 2025
  • 1 min read

Na 28 jaar van toegewyde diens aan die inwoners van die Mangaung Metro Munisipaliteit, hang Verkeersbestuurder Jerry Mokoena sy uniform op. Luidens ‘n plasing op die metro se sosiale media blad sê lid van die burgemeesterskomitee vir openbare veiligheid en sekuriteit, Sibongile Tsoleli, Mokoena was 'n aanwins in die direktoraat vir openbare veiligheid. Verkeersdosent, Sabata Nyareli, sê Mokoena was ‘n staatsamptenaar vir meer as 40 jaar, hy het in die provinsiale regering begin en toe na die munisipaliteit verhuis. Nyareli het bygevoeg dat Mokoena se toewyding en passie om die mense van die metro en die Vrystaat te dien, nie ongesiens verbygegaan het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page