Die metro se woordvoerder is midde van teisteringsklagtes op spesiale verlof geplaas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Ná bewerings van seksuele teistering weer opgeduik het, is die Mangaung Metro Munisipaliteit se woordvoerder, Qondile Khedama, op spesiale verlof geplaas.
SABC News berig volgens stadsbestuurder Sello More is die besluit geneem na aanleiding van 'n verslag van die Werknemerswelstandsafdeling na 'n klagteverhoor.
Hy voeg by'n onafhanklike span is aangestel om 'n deeglike ondersoek in te stel, en aanbevelings binne streng tydlyne te verskaf.
More sê ook die besluit is daarop gemik om 'n deursigtige en onbelemmerde ondersoek na die bewerings te verseker.
In oorleg met die beweerde slagoffer het die metro ook haar plasing in 'n nuwe en ondersteunende werksomgewing gefasiliteer.






Comments