Die Metro skommel hul burgemeesterskomitee
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 25
- 1 min read
In ‘n poging om die uitvoerende komitee te versterk het die Mangaung Metro Munisipaliteit se burgemeester, Gregory Nthatisi, sy burgemeesterskomitee herskommel.
SABC News berig Nthatisi het tydens ‘n media-inligtingsessie in Bloemfontein gesê die veranderinge word aangebring ingevolge Artikel 60 van die Munisipale Strukturewet.
Onder die belangrikste veranderinge is adjunkburgemeester Lulama Titi-Odili nou hoof van Finansies, terwyl Logan Kruger na Openbare Veiligheid en Vervoer skuif.
Theodorah Mosala neem Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanning en -prestasie oor, terwyl Manthuse Letawana nou Ekonomiese Ontwikkeling sal lei.
Volgens Nthatisi is die herskommeling daarop gemik om toesig te versterk en dienslewering te bespoedig.






Comments