Die Metro spreek onwettige storting aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 5
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het vinnige reaksie-skoonmaakspanne ontplooi na onwettige brandpunte in verskeie dele van Bloemfontein, insluitend Bayswater en Noordhoek waar vullis onwettig gestort word. In 'n kennisgewing sê die Metro se woordvoerder, Qondile Khedama, dat vullisdromme en tydelike afvalhouers in geïdentifiseerde probleemgebiede geplaas word om inwoners veiliger wegdoeningsopsies te bied. Dit terwyl permanente oplossings uitgerol word. Die munisipaliteit het ook die skedulering van afvalversamelings verbeter en bykomende vragmotors en gekontrakteerde diensverskaffers word ontplooi. Volgens Khedama het hulle ook 'n langtermynplan om herhalende storting in brandpunte te voorkom, wat heinings en toegangsbeheer rondom hoërisiko-terreine sowel as CCTV-monitering insluit. Die munisipaliteit erken inwoners se frustrasies en sê hulle werk daaraan om vertroue te herbou.





Comments