top of page

Die Metro sê hulle gaan nie bates verkoop nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 6, 2025
  • 1 min read

Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, kan berigte dat bates verkoop word nie verder van die waarheid wees nie.


Hy voeg by die metro probeer sy bates ten voordeel van hul inwoners aanwend.


Netwerk24 berig dit volg byna 50 besware teen die plan om Tempe-vliegveld te verkoop vir die ontwikkeling van ‘n privaat landgoed ingedien is.


Die Franklin-natuurreservaat op Naval Hill is ook op die lys van bates waarvoor planne beraam word.


More voeg by die benutting van onderbenutte hulpbronne om ontwikkeling te bevorder is van kardinale belang.


Volgens hom bly dit die metro se voorneme om groei te stimuleer en ‘n groter inkomstegrondslag te skep.


Naval Hill. FOTO: National Museum Publications
Naval Hill. FOTO: National Museum Publications

 
 
 

Comments


bottom of page