Die metro vat stortingsterreine vas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 18, 2025
- 1 min read
’n Taakspan is saamgestel om op beide die Noordelike en Suidelike stortingsterreine in Bloemfontein te fokus.
Volgens ’n kennisgewing deur die Mangaung Metro Munisipaliteit sal dié span fokus op die verbetering van daaglikse bedrywighede, om dus voldoening en behoorlike afvalbestuur te verseker.
’n Aantal planne sal deur die munisipaliteit geïmplementeer word.
Dit sluit in die hersiening van die bywette - wat dit vir wetstoepassers maklik sal maak om hul werk te doen.
Weens onwettige storting is munisipale werkers die naweek ontbied om die roete na die begraafplaas skoon te maak.
Die metro doen ’n beroep op inwoners en besighede om saam met hulle te werk om onwettige storting te bekamp.







Comments