Die Metro verander van bank
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Sep 30, 2025
- 1 min read
Na 'n lang mededingende tenderproses het die Mangaung Metro Munisipaliteit na First National Bank (FNB) oorgeskakel.
Hierdie kontrak sal vanaf Woensdag, 1 Oktober, van krag wees.
Volgens 'n kennisgewing op die metro se sosiale media-blad moet kliënte met geskeduleerde betalings hul banke besoek om die betalings en debietorders wat aan die Nedbank-rekening gekoppel was, te ontkoppel, en dit dan aan die gelyste Mangaung Metro Munisipaliteit as begunstigde met die FNB-rekening koppel.
'n Stap-vir-stap gids oor hoe om jou munisipale rekening aanlyn te betaal, is ook op die Metro se sosiale media-blad beskikbaar.







Comments