Die Metro wil glo Naval Hill óók verkoop
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 3
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik van hul voorneme om 14 bates te verkoop of te verhuur.
Een van hierdie is Naval Hill in die middel van die stad, wat die Franklin-natuurreservaat huisves.
Die reservaat is volgens Bloemnuus een van net drie reservate oor die wêreld heen wat binne ‘n stad geleë is.
Stigter van die Vriende van Franklin, Andri Grobbelaar, sê hulle sien net in die media van hierdie voorneme en daar was nog geen gesprekke met hulle nie.
Intussen het Rosestad-nuus vroeër berig die DA en ander het reeds formele besware ingedien teen die voorstel om die Tempe-vliegveld te verkoop.






Comments