top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Minister sê matriekuitslae sal in koerante gepubliseer word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 28, 2024
1 min read

Terwyl matrikulante vandag hul laaste vraestel skryf het die departement van basiese onderwys gesê dat die 2024-matriekuitslae wel in koerante bekendgemaak sal word. Nuusflits berig dit volg na die inligtingsreguleerder die departement wou verhoed het om die uitslae, weens die Popi-wet, te publiseer. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het gesê die bekendmaking van die uitslae is nie ‘n oortreding van privaatheid nie en maak dit makliker vir leerlinge om die inligting te kry. Sy het ook gesê dat die uitslae op 14 Januarie bekendgemaak sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page