Die minister van hoër onderwys is afgedank
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 22, 2025
- 1 min read
Die minister van hoër onderwys, Nobuhle Nkabane, is deur President Cyril Ramaphosa afgedank. Volgens Maroela Media kom haar afdanking kom slegs dae nadat sy Vrydag ʼn belangrike parlementêre komiteevergadering oor haar SETA-kaderontplooiingskema misgeloop het, en ʼn dag voordat sy voor die parlementêre hoër onderwyskomitee sou verskyn het. Ramaphosa het Buti Manamela, voorheen adjunkminister van hoër onderwys, in Nkabane se pos aangestel. Nkabane het die president bedank dat hy haar met die verantwoordelikheid as minister van hoër onderwys vertrou het. Sy voeg by sy sal toegewyd bly tot die vooruitgang van die land se ontwikkeling en om mense te dien.






Comments