Die MK-party betwis Ramaphosa se polisie-herskommeling in Konstitusionele Hof
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 19
- 1 min read
Die MK-party het die Konstitusionele Hof genader om President Cyril Ramaphosa se polisieministerie-herskommeling te blokkeer. Die party voer aan dat die skorsing van Senzo Mchunu en die aanstelling van Firoz Cachalia as die waarnemende minister van Polisie ongrondwetlik is. Dit volg op bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, dat Mchunu skuldig is aan korrupsie en politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die MK-party het ‘n dringende hofverhoor voor die einde van die maand versoek.





Comments