Die MK-party gaan 'n klag van crimen injuria teen Helen Zille aanhangig maak

Die MK-party gaan 'n klag van crimen injuria teen Helen Zille aanhangig maak. Dit kom nadat die DA-burgemeesterskandidaat in Johannesburg glo in ’n debat ’n MKP-lid gevloek het.
Netwerk24 berig die MK-party en ActionSA het Donderdagaand in ’n gesamentlike verklaring gesê die debat op 31 Augustus tydens die televisiekanaal Moja Love se politieke debat in Soweto het byna vier uur geduur.
Tydens die debat het spanning tussen die paneellede en lede van die gehoor toegeneem. Namate die gemoedere opgevlam het, het Zille glo tydens ’n woordewisseling met die MK-party se Andile Chalwe kru taal teenoor haar gebruik, in die teenwoordigheid van Ayanda Allie van ActionSA.
Zille se woordvoerder vir haar verkiesingsveldtog, Kyle Jacobs, sê hulle gaan nie in dié stadium kommentaar lewer oor die voorval nie.









Comments