Die MK-Party kritiseer die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 23, 2025
- 1 min read
Die MK-party sê elke mens wat Suid-Afrika binnekom, moet dit deur wettige en gedokumenteerde kanale doen.
Dit is in reaksie op die Nasionale Raad van Provinsies wat verlede week die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie aanvaar het.
Die party sê dit is noodsaaklik vir die handhawing van wet en orde en die beskerming van nasionale veiligheid. Die party het teen die wetsontwerp gestem en beskryf dit as bloot kosmeties terwyl sistemiese mislukkings voortduur.







Comments