Die MK-party vra vir geheime stem teen Ramaphosa
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 25, 2025
- 1 min read
Die uMkhonto weSizwe Party (MK-Party) het versoek dat die komende mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa by wyse van 'n geheime stembrief gedoen word, om lede van die parlement teen potensiële vergelding te beskerm.
IOL berig die MK-party se parlementêre leier, John Hlope, het Vrydag die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, aangespoor om diskresie te gebruik om LP's vertroulik te laat stem.
Hy sê, gegewe die sensitiewe aard van die mosie en die potensiële politiese gevolge vir individue, sal 'n geheime stem verseker die LP's kan hul konstitusionele plig vryelik en sonder vrees vir intimidasie of vergelding uitvoer.
Die mosie van wantroue teen Ramaphosa is verlede week ingedien. Die MK-party beweer Ramaphosa se leierskap het toegelaat dat die land ontrafel.






Comments