top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die MK-party wil he dat McKenzie vir korrupsie ondersoek word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 6
  • 1 min read

Die MK-party wil hê die bewerings van korrupsie teen die PA-leier en die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, moet ondersoek word.


Die party het die versoek aan die Parlement se ad-hoc komitee wat bewerings van korrupsie in die strafregstelsel ondersoek gerig.


Dit kom nadat die DA verlede week gesê het hulle gaan alle wetstoepassers nader om McKenzie se betrokkenheid by georganiseerde misdaad te ondersoek.


Die PA het intussen die bewerings ontken en die DA daarvan beskuldig dat hy probeer om die PA in onguns by kiesers te bring.


Gayton McKenzie. FOTO: Facebook
Gayton McKenzie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page