top of page

Die MK-party wil hê alle grond moet aan die regering behoort

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 5, 2025
  • 1 min read

Die Mkhonto we Sizwe Party (MK-party) sê alle grond in die land moet aan die regering behoort, en dat private eienaars nie daarvoor vergoed moet word nie.

Dit kom nadat die party ‘n privaatlidwetsontwerp ingedien om Artikel 25 van die Grondwet te wysig.

Die MK-party se LP, Mzwanele Manyi, sê dit het ten doel om die historiese ongeregtheid van land-onteiening sedert 6 April 1652 aan te spreek, en die strukturele nalatenskap van ongelykheid in grondeienaarskap te korrigeer.

News24 berig die wetsontwerp is nou in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar.

Suid-Afrika het reeds die Onteieningswet aangeneem en onderteken.

 
 
 

Comments


bottom of page