top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die MKP gaan voort met regsaksie teen die OVK ondanks 'n ‘konstruktiewe vergadering’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 16 minutes ago
  • 1 min read

Die uMkhonto weSizwe-party (MKP) gaan deurdruk met sy regsaksie teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ondanks die “konstruktiewe vergadering” wat hy vandeesweek met die kommissie gehad het.


Die MKP beskuldig die OVK van verkiesingsknoeiery, wat volgens hom gelei het tot die “massiewe diefstal van MK-partystemme” tydens die 2024- algemene verkiesing.


Maroela Media berig MKP-woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê dit is noodsaaklik dat die party voortgaan met regsaksie om die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se verkiesingstelsel te beskerm en verantwoordbaarheid te verseker.


Ndhlela gee wel toe dat vandeesweek se vergadering met die OVK goed was. Ndhlela sê die vergadering het ’n wedersydse bereidwilligheid tot betrokkenheid weerspieël, hoewel geen formele ooreenkoms in hierdie stadium bereik is nie.


Hulle het wel saam gestem oor die belangrikheid van voortgesette dialoog. ’n Opvolgvergadering sal daarom belê word om verder oor sleutelkwessies te gesels.


Die OVK sê ook die vergadering was konstruktief en betekenisvol. Volgens die voorsitter van die kommissie, Mosotho Moepya, was die manier waarop albei partye se bekommernisse op die vergadering hanteer is, “verfrissend” en “openhartig”.


Die MKP en OVK in vergadering. FOTO: Maroela Media
Die MKP en OVK in vergadering. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page