top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Modderrivier-opvangsgebied loop oor

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 7
  • 1 min read

Inwoners van die Mangaung Metro Munisipaliteit wat langs die Modderrivier woon of eiendom daar besit, word gewaarsku dat die hele Modderrivier-opvangsgebied besig is om oor te loop.


Nova News berig nuwe waarskuwings is gister uitgereik aan boere, inwoners en besighede langs die vloedlyn van die Modderrivier. Dit raak Mockesdam, Maselspoort sowel as die Krugersdriftdam-stelsels. Veral eienaars van huise by Sunset Resort en inwoners naby Maselspoort word aangeraai om vee, toerusting en waardevolle besittings uit laagliggende gebiede te verwyder om moontlike vloedskade te beperk.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder inwoners word gewaarsku dat watervlakke vinnig en sonder waarskuwing kan styg.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Inwoners word sterk aangeraai om:

* Weg te bly van die Modderrivier en alle rivieroewers totdat dit veilig verklaar word.

* Alle rivierkruisings tot verdere kennisgewing te vermy, en

* Besittings, vee of strukture wat binne of langs rivieroewers geleë is, onmiddellik te verwyder.

Hierdie voorsorgmaatreëls is noodsaaklik om lewens te beskerm en skade aan eiendom te voorkom.


Noodspanne monitor die situasie aktief, en verdere opdaterings sal gekommunikeer word soos toestande ontwikkel.


FOTO: Nova News
FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page